Slegs nog
Dae
---
:
Ure
--
:
Minute
--
:
Sekondes
--
tot die groot dag
Gerdus en Kayla
Visserfees 2026  ·  Trou Uitnodiging
Gerdus
&
Kayla
Van 'n padda en 'n visstok… tot vir altyd
Datum 2026
Dresscode Swart Formeel
RSVP voor 20 Julie 2026
Scroll vir meer
Gerdus en Kayla Ring
✦   ✦   ✦
Hoe Ons Begin Het

Ons Storie

"Van 'n padda en 'n visstok…
tot 'n liefde wat afstand, wagtyd
en kilometers oorwin het."

Party liefdesverhale begin met groot oomblikke… en ander begin stil-stil, sonder dat twee mense eers besef hoe spesiaal hulle vir mekaar gaan word. Ons verhaal is een van daardie stories wat met tyd net sterker, mooier en dieper geword het.

Op 3 Februarie 2023 het ons paaie gekruis in die klein dorpie Windsorton. Niemand sou ooit kon dink dat daardie gewone naweek die begin van iets só besonders sou wees nie.

Ek het met 'n padda in my hand gestaan toe ek vir Gerdus die eerste keer sien, en hy was, soos gewoonlik, langs die water met 'n visstok in die hand. Van die begin af was daar net iets wat natuurlik gevoel het — asof ons harte mekaar lank voor daardie dag al geken het.

En toe kom daardie eerste soen… die een soen wat alles verander het en die liefde sommer skoot hoog deur geskiet het.

Maar soos alle mooi stories het ons s'n ook uitdagings gehad. Daardie Sondagmiddag moes ons groet, met 950 km tussen ons. Tog het die afstand nooit sterker as liefde geword nie. WhatsApp-boodskappe het lang gesprekke geword, en in April 2023 het ek die lang busrit aangepak om vir Gerdus te gaan kuier — 'n trip wat ek vir niemand sou toewens nie, maar vir liefde doen mens mos dinge wat nie altyd maklik is nie.

Van daar af het ons gereeld heen en weer gereis. Die afstand was nie maklik nie, maar elke totsiens was die moeite werd vir die volgende hallo.

In 2025 het alles verander toe ek permanent na Gerdus verhuis het en ons ons lewe saam begin bou het — nie meer 950 km uitmekaar nie, maar uiteindelik saam.

"Maar as ons nou terugkyk, is ons nie net twee mense wat verlief is nie… maar twee beste vriende wat huis gevind het in mekaar se harte."
3 Feb 2023
Eerste ontmoeting in Windsorton
April 2023
Eerste kuier — die lang busrit vir liefde
1 Okt 2023
Gerdus vra Kayla om sy meisie te wees — met kerse in die daglig op sy neef se plaas in die Sandveld
2025
Kayla verhuis permanent — saam begin bou
1 Okt 2025
Verlowing in 'n Ferris wheel hoog bo die Kaapse liggies
2026
Die groot dag — Vir Altyd
✦   ✦   ✦
Die Dag

Trou Reelings

01
Datum & Tyd
2026
Seremonie begin stiptelik.
Wees asseblief 15 minute vroeg.
02
Lokasie
La Ferme Derik
10th Ave, Suidelike Paarl
Wes-Kaap, 7624
03
Die Aand
Seremonie · Onthaal · Dans
'n Aand vol liefde, lag en
onvergeetlike herinneringe.
Dames
Swart aandrok of formele broekpak · Floor-length verkies · Rose aksente welkom
Here
Swart pak of smoking · Swart das of strikdas · Formele skoene
✦   ✦   ✦
Waar dit Plaasvind

Die Venue

La Ferme Derik

Ons groot dag vind plaas by die pragtige La Ferme Derik — 'n bekroonde geleentheidsvenue in die hartjie van die Paarl-wynland, omring deur wingerde en rustige Bolandse natuur.

Venue La Ferme Derik
Adres 10th Ave, Suidelike Paarl, 7624
Webtuiste lafermederik.com
Telefoon 082 775 9339
Plus Kode 8WFM+J5 Paarl
Ry-aanwysings ↗

"Die beste ding om aan iemand anders vas te hou, is mekaar."

— Audrey Hepburn

✦   ✦   ✦
Die Palet

Kleurskema

Ons troue se kleure weerspieël ons — 'n samesmelting van dramatiese elegansie en sagte romantiese warmte. Swart as die anker van ons aand, met rose en blossom toetse wat teerheid inbring.

Velvet#0A0A0A
Smoke#6B6B6B
Rose#D4758E
Blossom#F0B8C7
Silk#F0E4DC
Chiffon#FAF6F3
Kleredrag Dresscode
✦   ✦   ✦
Interaktief

Pas die Kleure Aan

Klik op 'n uitrusting hieronder om te sien hoe die troue se kleurskema by verskillende stile pas. Kies jou kleur en ontdek jou perfekte look.

Dame
Kies Kleur
Velvet
Heer
Kies Kleur
Velvet
✦   ✦   ✦
Geskenke

Geskenke

'n Geskenkie is nie oorbodig, maar 'n geldjie is meer wat ons benodig. Spaar jou voete die loop, ons sal eerder self wil koop.

Gift Cards
Bankbesonderhede
NaamMs C Masuret
BankCapitec Bank
TipeSavings Account
Rekeningnommer 1805278787

Gebruik asseblief jou naam as verwysing.

✦   ✦   ✦
Bly Naby

Verblyf

Vir dié wat van ver af kom, het ons 'n paar aanbevole verblyf-opsies naby die venue uitgesoek vir jou gerief.

Gerdus en Kayla
Ons sien jou daar ♥
✦   ✦   ✦
Bevestig Bywoning

RSVP

Bevestig asseblief jou bywoning teen 20 Julie 2026. Ons wil seker maak dat elke spesiale persoon op ons groot dag by ons is.

Baie dankie!

Jou RSVP is suksesvol ontvang.
Ons kan nie wag om hierdie dag met jou te deel nie.